Die Vrystaat-Cheetahs het die dienste van drie spelers van Griekwas, wat die vleuel Munier Hartzenberg insluit, bekom.
Hartzenberg (24), die slot Mzwanele Zito (33) en die losvoorspeler Sibabalo Qoma (25) sal hulle in November in Bloemfontein aanmeld. Voordat Hartzenberg ’n Poubloue geword het, het hy vir die Maties in die Varsitybeker-reeks diens gedoen.
Zito het voorheen vir die Suidwestelike Distrikte, en tussen 2017 en 2019 vir die Franse klubspan Carcassonne gespeel.