Sewe oorwinnings op ’n streep vir die Vrystaat-Cheetahs en sewe nederlae agtereenvolgens vir die Westelike Provinsie.
’n Groter kontras in die Curriebeker-veldtogte van dié spanne kon daar gewis nie wees nie. Nietemin was dit allermins een van die swakste WP-spanne in die beroepsera wat Vrydag in Kaapstad opgedaag het. Trouens, die Streeptruie het die besoekers ’n allemintige skrik op die lyf gejaag.
Uiteindelik kon die Cheetahs darem daarin slaag om ’n agterstand van 7-21 uit te wis om met 28-21 te wen.