Dawie Theron, wat vir Griekwas gespeel en dié span afgerig het, se geld is op die Poubloues om Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Pumas in Kimberley te wen.
“My hart klop mos maar Poublou. Ek was baie jare daar, as speler en ook afrigter. Een van die grootste faktore wat in Griekwas se guns tel, is dat dit op hul tuisveld is,” sê Theron (55).
“Om na Kimberley te gaan is nooit maklik nie. Daar het al groot spanne gesneuwel. Ek moet definitief my geld op Griekwas sit.”