Curriebeker

Die Curriebeker kom Kaap toe . . . danksy die Bulle

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Arno Botha en Marcell Coetzee met die Curriebeker. Foto: Gallo Images
Arno Botha en Marcell Coetzee met die Curriebeker. Foto: Gallo Images

Die Curriebeker kom Kaap toe . . . en dis alles te danke aan die Blou Bulle.

Suid-Afrika se gesogste rugbytrofee gaan Woensdag – tussen 12:00 en 16:00 – vir ’n fotogeleentheid by die Ruck & Maul-restaurant buite Stellenbosch te siene wees. Dié restaurant is gekoppel aan die bekende Ultimate Rugby Experience-museum by Nooitgedacht Village in Kromme Rhee-weg, Koelenhof.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU), het aan ondersteuners van die Ligbloues in die Kaap ’n uitnodiging gerig om ’n foto met die beker te neem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan