Die haastige vleuel Duncan Saal sal Vrydag op Ellispark teen die Leeus vir die eerste keer in vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks vir die Vrystaat-Cheetahs opdraf.
Dit is Saal se eerste wedstryd in meer as agt maande. Hy het herstel van ’n dyspierbesering wat hy in verlede jaar se Curriebeker-reeks opgedoen het. Sy laaste wedstryd was in Augustus teen die Bulle.
Saal speel in die plek van Rosko Specman, wat die naweek trou.