Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, is vol lof vir die aandeel wat die Springbok Frans Steyn daarin gehad het dat sy span vanjaar se Curriebeker-reeks met ’n bonuspuntsege kon afskop.
Die Cheetahs het vyf drieë gedruk om Griekwas Vrydag met 42-19 in Kimberley te klop.
Dit was Steyn (35), wat al in 78 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, se eerste wedstryd nadat hy vroeg in Desember ’n dyspierbesering opgedoen het.