Die Cheetahs se uithalerflank Gideon van der Merwe kan – afhangende van dié span se deelname aan toekomstige reekse – selfs langer in Bloemfontein aanbly.
Die Vrystaters het onlangs ’n slag geslaan om die dienste van dié bobaas-baljagter, wat met sy hoë werkverrigting tot dusver vir hulle in die Curriebeker-reeks skitter, vir nog ’n jaar te bekom.
Die 27-jarige Van der Merwe sê sy nuwe kontrak geld tot Oktober 2023.