Omdat Griekwas op sy tuisveld speel, moet hulle met ’n kortkop die gunsteling wees om Saterdag die Curriebeker-eindstryd in Kimberley teen die Pumas te wen.
Só sê die oudflank Piet Joubert wat op sy dag in 112 wedstryde vir die ou Suidoos-Transvaal (en later die Pumas) op flank gespeel het.
Joubert, wat ook in 30 wedstryde vir die Bulle – agt Superrugby-wedstryde ingesluit – gespeel het, was in 1995 in die span van Suidoos-Transvaal wat in die eindstryd van die destydse B-liga van die Curriebekereeks in die Diamantstad teen Griekwas verloor het.