Die feit dat daar met tye weer Vrystaatse hardlooprugby gesien is, was vir verblydend vir Hawies Fourie.
Die hoofafrigter van die Cheetahs gee egter ook toe hulle kon die Haaie met ’n groter telling geklop het as hulle Saterdag hul magdom kanse in die besoekers se kwartgebied benut het.
Dié aspek het gepla, maar hy was oor die algemeen tevrede nadat hulle die Haaie met 44-15 in hul Curriebeker-rugbywedstryd in Bloemfontein slae gegee het.