Senior spelers is veronderstel om koelkop te wees in ’n drukkoker-stryd en dis hulle wat moet help om die wa deur die drif te trek.
Maar vir die Leeus was dit Vrydagaand op Ellispark-stadion nie die geval nie toe hulle ná 65 minute se goeie spel, in die laaste 15 minute kop verloor het teen die Cheetahs.
Danksy hul eie koelkop ervare manne kon die Vrystaters uiteindelik met 35-26 (rustyd 14-20) wen nadat dit gelyk het of die Leeus hul eerste Curriebeker-wedstryd vanjaar voor hul tuisskare sou beklink.