Hy aanvaar dat die Westelike Provinsie in veral die eerste helfte swak was, maar Jerome Paarwater meen nietemin dat die Streeptruie in Woensdagaand se Curriebeker-wedstryd teen die Bulle in die DHL-stadion in Kaapstad die slagoffers van twyfelagtige skrum-beslissings was.
Die Bulle het die platform vir ’n gemaklike sege van 40-21 voorlangs gelê en totale oorheersings in die vaste fasette geniet.
“Ons het geweet dat hulle op ons ingooie by die lynstane gaan meeding en hulle het dit goed gedoen,” sê Paarwater.