Daar is genoeg op die spel wat hulle sal motiveer om vandeesweek te verbeter, sê Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaat Cheetahs.
Die Cheetahs het met drie wedstryde tot hul beskikking reeds hul plek in die Curriebeker-halfeindstryd bespreek, maar toe met twee agtereenvolgende nederlae stukrag verloor.
Fourie wys daarop dat die Cheetahs (43 punte) die Bulle (47) in hul laaste wedstryd Saterdag in Bloemfontein moet klop en vyf ligapunte moet kry om eerste te eindig (met die oog op ’n moontlike tuiseindstryd).