Die veelsydige Springbokheld Frans Steyn het Vrydagaand ná afloop van die Vrystaat-Cheetahs se Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie in Kaapstad ’n bier by toeskouers aanvaar en moeiteloos eensklaps afgesluk.
Steyn se Cheetahs-span het die WP met 28-21 in die Kaapstad-stadion geklop.
Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, het die onderstaande video van Steyn wat hom saam met die toeskouers geniet op Twitter gedeel.