Die oorwinninglose Leeus sal hul Curriebeker-wedstryd Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria gebruik as voorbereiding vir die span se laaste Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd ’n week later teen die Dragons van Wallis op dié se tuisveld in Newport.
Ivan (Cash) van Rooyen, die Leeus se hoofafrigter, sal daarom ook as afrigter in die bus wees wanneer die span die Jukskeirivier tussen Johannesburg en Pretoria oorsteek.
Die Leeus het Vrydag hul span vir die wedstryd aangekondig, wat hoofsaaklik bestaan uit spelers wat in die VRK-reeks diens gedoen het.