Hanru Sirgel is as Griekwas se nuwe kaptein aangewys nadat die flank Niel Otto besluit het om voortaan slegs op sy eie spel te fokus.
Dit is die vernaamste nuus in die Poubloues se spanaankondiging vir Sondag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Haaie in Kimberley.
Die flank Stephan Smit sal wel Sondag die Noord-Kapenaars op die veld lei, met Sirgel (24), ’n losvoorspeler, wat op die plaasvervangersbank ingesluit is. Sou Sirgel Sondag speelkans kry, sal dit sy eerste wedstryd wees sedert hy verlede jaar ’n hakskeenbesering opgedoen het.