’n Drie in die doodsnikke deur die senter Diego Appollis het die Pumas Vrydagmiddag van ’n sege oor die Leeus in Mbombela besorg.
Die Pumas het vyf drieë gedruk en die Curriebeker-rugbywedstryd tussen die twee spanne naelskraap met 34-27 gewen.
Die wenspan moes sweet vir die sege. In die 75ste minuut het die Leeus se vleuel Boldwin Hansen onderskep om deur te draf vir sy tweede drie. Dit het die telling 27-27 gemaak. Tog kon die losskakel Vaughen Isaacs nie Hansen se drie verdoel vir die Leeus om voor te loop nie.