Die Pumas is nou die enigste onoorwonne span in vanjaar se Curriebeker-reeks nadat hulle die Vrystaat-Cheetahs Vrydag in Bloemfontein pap gespeel het.
Die wenspan het nege drieë gedruk om met 61-21 te wen. Die blitsige Devon Williams, heelagter van die Pumas, was sy span se blinkste ster. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal en die Vrystaters vele probleme besorg elke keer wanneer hy die bal in die hand gehad het.
Dit was die Cheetahs se eerste nederlaag in vanjaar se Curriebeker-reeks.