Die Vrystaat-Cheetahs sal hul hoop op die losskakel Siya Masuku vestig om hul aanvallende spel weer op koers te kry wanneer hulle die Haaie Saterdag in ’n Curriebeker-wedstryd in Bloemfontein pak.
Die Cheetahs se afrigter, Hawies Fourie, was ná die vorige wedstryd teen die Leeus bekommerd oor dié aspek van hul spel, wat voorheen nog altyd een van die Vrystaters se sterkpunte was.
Masuku is een van vier veranderinge in die beginspan nadat hy ’n wedstryd weens siekte misgeloop en toe, weens ’n oogbesering, ’n plaasvervanger in die vorige wedstryd teen die Leeus was.