Dit het geklink na suur druiwe, maar Gert Smal, Curriebeker-afrigter van die Bulle, het nietemin ’n interessante kwessie aangeroer toe hy voorgestel het die Curriebeker moet voortaan in ’n museum bewaar word.
Smal het Vrydagaand, nadat Griekwas die Bulle in die spanne se halfeindstryd met 30-19 op Loftus Versfeld geklop het, gekla die Curriebeker word “gedevalueer”.
Die Bulle het met rustyd nog met 7-3 voorgeloop, maar die besoekers het 27 punte in die tweede helfte ingeryg.