Dit is die Bulle se Curriebekerspan teen die Leeus se Verenigde Rugbykampioenskap-swaargewigte.
Gert Smal, Curriebeker-afrigter van die Ligbloues, het tot dusver die seisoen regdeur die luukse gehad van talle spelers met Verenigde Rugbykampioenskap-ervaring in sy span.
Saterdagaand is die rugbytôks aan die ander voet wanneer die Bulle die Leeus die stryd in Pretoria aansê en Smal gee toe die diepte by Loftus Versfeld sal onder die loep wees.