Die sewe veranderinge wat die Haaie aan hul agttal vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs aangebring het, laat die vermoede ontstaan dat die snoeiskêr ingelê is.
Die Haaie het immers verlede naweek op hul tuisveld teen die Pumas verloor.
Etienne Fynn, afrigter van die Haaie in die CB, was Vrydag tydens ’n nuuskonferensie egter versigtig om die aap uit die mou te laat oor die baie veranderinge aan die agttal vir die kragmeting in Bloemfontein.