Skaars terug op die veld ná beserings aan sy knie en ’n voetbesering vroeër vandeesmaand, sal Rosko Specman, blitsige vleuel van die Vrystaat-Cheetahs, weer ’n tydjie langs die kantlyn deurbring.
Hy het Woensdagaand in sy span se Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie (WP) hard met die aarde kennis gemaak toe hy Angelo Davids probeer keer het en hy hard grond toe gestamp is.
Specman het Donderdag laat weet dit gaan goed met hom, maar hy het die eerste keer in sy rugbyloopbaan van 12 jaar harsingskudding opgedoen.