Soos ’n wafferse kulkunstenaar het Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, met ’n paar verrassings vorendag gekom vir Woensdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Leeus in Johannesburg.
Phumzile Maqondwana (losvoorspeler) is as die Laevelders se nuwe kaptein aangewys in die plek van die beseerde Willie Engelbrecht. Daar is vooraf verwag dat Tinus de Beer (losskakel) die kapteinskap by Engelbrecht sou oorneem.
Stonehouse het altesaam sewe veranderinge (wat ’n posisionele skuif insluit) aan die beginspan aangebring wat Vrydag teen die Bulle verloor het.