Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, het rustigheid in sy hart dat alles moontlik gedoen is vir sy span om sukses in die Curriebeker-eindstryd te behaal.
Hy het Donderdag met die Pumas se spanaankondiging vir Saterdag se eindstryd teen die Griekwas in Kimberley beklemtoon dat hul voorbereiding goed verloop het.
Stonehouse het die 23-tal wat verlede naweek in Bloemfontein met die Vrystaat-Cheetahs afgereken het, net so behou vir die wedstryd.