Curriebeker

Volgende 4 jaar Roos-kleurig vir WP op nr. 8

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Evan Roos in aksie vir die Westelike Provinsie in vanjaar se Curriebeker-reeks. Foto: Gallo Images
Evan Roos in aksie vir die Westelike Provinsie in vanjaar se Curriebeker-reeks. Foto: Gallo Images

Evan Roos, die agtsteman wat vanjaar uithalerspel vir die Stormers en Westelike Provinsie lewer, het sy kontrak met die Kaapse unie tot 2025 verleng.

John Dobson, afrigter van die WP en Stormers, het Vrydag dié nuus in ’n verklaring bekend gemaak. Roos het in vanjaar se Curriebeker-reeks agt drieë gedruk en sowel op die aanval as die verdediging uitgeblink.

“Ons is verheug om ’n speler van Evan se gehalte vir minstens die volgende vier jaar op ons boeke te hê,” sê Dobson.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan