Die Griffons het Vrydagmiddag in Welkom ’n dramatiese oorwinning oor die Bulle in ’n mededingende Curriebeker-wedstryd behaal.
Die Perstruie het die Bulle met 32-28 geklop nadat hulle met rustyd nog met 20-21 agter was.
Griffin Colby, die skeidsregter, het die spelers sowat vier minute voor die eindfluitjie na die kleedkamer gestuur omdat weerlig naby die veld geslaan het.