Die Westelike Provinsie het sy skrum groter slaankrag gegee met die insluiting van die ervare loskopstut Ali Vermaak vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs in die DHL-stadion in Kaapstad.
Vermaak vervang vir Kwenzo Blose in die enigste verandering aan die span wat die WP se laaste wedstryd teen die Bulle begin het. Die Streeptruie het daardie wedstryd met 34-45 verloor, maar met tye goeie rugby gespeel.
“Ons het kontinuïteit in spankeuses, so hopelik sien ons groei in die kombinasies,” sê Jerome Paarwater, die WP se afrigter.