Dit sal teleurstellend en ’n groot terugslag wees as Damian de Allende besluit om in Japan te gaan speel, sê Stephen Larkham, hulpafrigter van Munster.
Dié Springbok-senter se kontrak met dié Ierse klub verstryk aan die einde van die seisoen en daar word bespiegel dat hy hom by die Kintetsu Liners of Saitama Wild Knights in Japan gaan aansluit.
“Kyk, dit is verstaanbaar. Spelers beweeg tussen spanne, maar dit sal teleurstellend wees,” sê Larkham oor De Allende (30) se waarskynlike vertrek.