Dit was nie volmaak nie, maar Wayne Pivac, Wallis se breier, is nietemin verheug dat sy span ná ses agtereenvolgende nederlae weer op die wenpad kon kom.
Die Rooi Drake het Georgië Saterdag in Llanelli met 18-0 in hul Groep A-kragmeting van die Nasiesbeker-reeks geklop.
“Die gebiede waarin ons verwag het dat Georgië ons sou teiken, soos die skrums en rolmale, het baie goed afgeloop,” sê Pivac.