Jacques du Toit, wat lank die Cheetahs se eerstekeuse-haker onder Franco Smith was, is terug in die Vrystaters se kamp, maar dit is net tydelik.
Hy word geleen by die Southern Kings en hy sou die afgelope Saterdag teen die Leeus op die plaasvervangersbank gewees het, maar die wedstryd het toe weens die tuisspan se Covid-19-krisis toe nooit plaasgevind nie.
Oor sy tuiskoms was hy heel filosofies.