Sacha Feinberg-Mngomezulu se gunstelingkleur is groen. Al het Eddie Jones geskimp dat hy hom by Suid-Afrikaanse rugby sou wou afrokkel om vir Engeland te speel, wil dié jong Stormer net die Groen-en-goud oor sy kop trek.
Die 20-jarige Feinberg-Mngomezulu is die afgelope week vir die eerste keer by die Bok-groep ingesluit.
Jones, uitgeslape afrigter van die Rose, het nog onlangs gesê dat Feinberg-Mngomezulu, wie se pa van Engelse afkoms is, op hul radar is. Maar die jong agterspeler droom nog altyd van die Groen-en-goud.