Selfs al gaan Edinburgh waarskynlik die naweek sonder ’n klomp van sy Skotse toetsspelers teen die Haaie speel, glo die stut Boan Venter hy en sy spanmaats het steeds genoeg skietgoed om die Durbaniete te klop.
Dié twee spanne pak mekaar Saterdag in ’n Verenigde Rugbykampioenskap-stryd in die Skotse hoofstad.
Skotland se groep vir die Sesnasies-reeks, wat aanstaande naweek begin, het vandeesweek saamgetrek. Die Skotte se eerste wedstryd in dié reeks is aanstaande Saterdag teen Engeland op Twickenham.