SA Rugby se onverwagse wins van R21 miljoen het die land se rugbybase Vrydag in rep en roer gehad en tot ’n hewige stryery oor die toeken van dié geld gelei.
Die stryery oor die geld het in ’n stadium gedreig om handuit te ruk, met Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, wat gedreig het om die vergadering te verlaat.
Die twis oor die geld kom teen die agtergrond van die gesamentlike verlies van sowat R200 miljoen wat die vier internasionale franchises, die Haaie, Leeus, Stormers en Bulle, vanjaar weens Covid-19 gely het.