Bath se Engelse toetsvleuel Anthony Watson het ’n opgeskorte skorsing van ’n week gekry omdat hy ’n skeidsregter op sosiale media gekritiseer het.
The Guardian berig Watson, wat die res van die seisoen weens ’n ernstige kniebesering misloop, het hom op 30 Oktober op Twitter uitgelaat oor die skeidsregter Ian Tempest se besluit om sy spanmaat Mike Williams af te stuur in Bath se kragmeting met Wasps.
Die skorsing is opgeskort tot aan die einde van volgende seisoen omdat Watson beseer is.