Een van die mees ervare spelers in die kort geskiedenis van die Southern Kings, die veelsydige Masixole Banda, kan hierdie seisoen weer vir die Oostelike Provinsie in aksie wees.
Banda het sy debuut in 2014 vir die OP gemaak voordat hy dieselfde jaar Grens toe is.
Hy is in 2017 die eerste keer vir die Kings gekies en het voortgegaan om dié franchise in meer as 50 wedstryde te verteenwoordig.