Die ervare voorryman Kyle Sinckler is weer opgeroep vir Engeland se uitsoekgroep vir volgende maand se jaareind-toetsreeks.
Sinckler het die reeks in Julie teen Australië weens ’n rugbesering misgeloop.
Will Stuart, wat hom toe vervang het, het egter sy knie in Saterdag se kragmeting tussen Bath en Saracens sodanig beseer dat hy nie vir die span oorweeg is nie.