Die Sale Sharks, gelaai met ses Suid-Afrikaners in hul beginspan, het Saterdag vir die Bristol Bears met 40-7 van die veld gespeel by die AJ Bell-stadion in Engeland.
G’n kyker sou voor die wedstryd kon glo nie dat só ’n drag slae wag op Bristol, wat vooraf die tweede plek op die Engelse Premierliga se punteleer beklee het.
Die terugkeer van verlede jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi se finaliste Faf de Klerk, Tom Curry en Manu Tuilagi was ’n welkome een vir die Sale Sharks.