Engeland se kaptein, Owen Farrell, ondergaan bykomende laagvat-oefeninge ter voorbereiding vir sy eerste wedstryd ná ’n skorsing van vyf weke weens ’n gevaarlike duikslag.
Farrell is op 5 September afgestuur toe hy Wasps se Charlie Atkinson met ’n hoogvat katswink gelaat het. Die 29-jarige Saracens-ster het weens sy skorsing sy span se kwart- en halfeindstryde in die Kampioenebeker misgeloop.
Farrell se gebrekkige tegniek is die afgelope paar jaar ’n omstrede kwessie, maar die Atkinson-voorval was die eerste keer wat daar ernstig teen hom opgetree is.