Daar is altyd ’n hunkering in hom om homself te verbeter en daarom het Warrick Gelant besluit om ’n skuif na Frankryk te maak vir ’n nuwe uitdaging wat hom op nuwe wyses sal toets.
Vir die 27-jarige Springbok-heelagter is Racing 92 die perfekte plek omdat dié Franse klubspan volgens hom ook besig is om aan iets groots te bou waarvan hy kan deel wees.
Nes hy by die Stormers vanjaar deel was van ’n kampioenspan wat die eerste Verenigde Rugbykampioenskapstitel beklink het, wil hy ook deel word van ’n Racing 92-span wat mik na die Franse Top14-titel.