Die skrumskakel Jamison Gibson-Park kan Saterdag teen Engeland in Dublin ’n deurslaggewende rol speel in Ierland se poging om ’n Grand Slam in die Sesnasies-reeks te behaal.
Gibson-Park (31) het sy plek in die Iere se beginspan ’n paar weke gelede aan Conor Murray afgestaan toe hy ’n dyspierbesering opgedoen het.
Hy is egter nou weer behoorlik fiks en Andy Farrell, Ierland se afrigter, het besluit om hom bo Murray in die beginspan te kies.