Drie voorwaardes wat die Haaie aan Siya Kolisi gestel het toe hy hom vanaf die Stormers by die ooskus-franchise aangesluit het, het gehelp om die Springbok-kaptein se loopbaan nuwe woema te gee.
Eduard Coetzee, uitvoerende hoof van die Haaie, het die drie voorwaardes aan Kolisi uitgestippel toe hulle in 2019 die eerste keer oor sy skuif vergader het.
“Die eerste voorwaarde was dat hy en sy hele gesin na Durban moet trek,” vertel Coetzee.