Die Haaie se 20-jarige losskakel Boeta Chamberlain het op skool in krieket, atletiek én rugby uitgeblink.
“Hy was ’n volwaardige all-rounder,” onthou Sean Erasmus, wat Chamberlain by die Hoër Jongenskool Paarl afgerig het.
Chamberlain het die naweek sy Curriebeker-buiging vir die Haaie in hul oorwinning van 30-28 oor die Goue Leeus in Johannesburg gemaak.