Die Haaie spog met ’n rits gedugte senters in sy geledere en die kompetisie om plekke in die beginspan is uiters straf, maar volgens dié span se gewese Wallaby, Ben Tapuai, is dit “gesonde mededinging”.
Tapuai was Donderdag op ’n aanlyn nuuskonferensie in Skotland aan die woord, waar die Haaie Saterdag teen Edinburgh in ’n Verenigde Rugbykampioenskap-stryd te staan kom.
Benewens Tapuai (34) het die Haaie senters soos Lukhanyo Am, Francois Venter en Rohan Janse van Rensburg op hul boeke.