Fabien Galthié se Franse “vlieënde legioen” het hul Sesnasies-kanse lewendig gehou – al was dit net vir ’n paar uur – asook hul tweede posisie op Wêreldrugby se ranglys gestand gedoen deur die beleërde Wallis Saterdag met 41-28 in Parys af te stof.
Die Walliesers het bemoedigend genoeg afgeskop, met George North (senter) wat binne die eerste 10 minute, en ná volgehoue druk, die eerste drie van die wedstryd gedruk het.
Wallis het teen die einde ook heelwat veggees getoon en vir ’n opwindende wedstryd gesorg.