Ons almal gaan eendag met verskillende mengsels van soet en suur terugkyk op die nasionale inperking waarin die koronavirus-pandemie ons vroeër vanjaar gedwing het.
Sean Erasmus, die Leeus se verdedigingsafrigter, is een van die mense wat baie soet in sy mengsel het, met die inperking ’n kans om “myself en my idees anders te benader en myself oop te stel om meer te leer”.
En die vrugte wat die Johannesburgers daarna gepluk het, is ook suikersoet, met verdediging nou een van die skerpste pyle in hul koker.