Vyf nuwe reëls wat Wêreldrugby die afgelope jaar wêreldwyd in verskeie kompetisies op die proef gestel het, sal van 1 Julie af permanent in die spel se reëlboek opgeteken word.
Die internasionale beheerliggaam het Donderdag in ’n verklaring gesê die welvaart van spelers word hiermee voorop gestel.
Dít beteken dat dié reëls van krag sal wees wanneer die Springbokke en Wallis in Julie in ’n reeks van drie toetse in Suid-Afrika sal kragte meet.