Ian Foster, afrigter van die All Blacks, verwag dat Ierland selfvertroue gekry het in die aanloop tot die tweede toets in Dunedin, al het hulle Saterdag se openingswedstryd in Auckland verloor.
Die Kiwi’s het met 42-19 op Eden Park geseëvier. Hulle was egter vroeg reeds met 0-5 agter nadat die Ierse vleuel Keith Earls gedruk het en was gedurig genoop om volgehoue Ierse druk op hul doellyn af te weer.
Die spanne pak mekaar weer volgende Saterdag voordat die toetsreeks op 16 Julie in Wellington eindig.