Die naweek se toets tussen die All Blacks en Wallis word deur die Britse media as ’n geldmaakfoefie beskryf.
WalesOnline berig die Nieu-Seelanders het ná hul slagting van Amerika in Washington, DC, met 104-14 reeds in Wallis aangekom en is deur ’n paar onaangename hoofopskrifte begroet.
Saterdag se kragmeting val buite Wêreldrugby se amptelike toetsvenster en Wallis word verswak deur die afwesigheid van sommige topspelers weens klubverpligtinge. Die Rooi Drake sit ook met ’n lang krukkelys en gaan dus sukkel om die All Blacks vir die eerste keer sedert 1953 te klop.