Hoe voel jy ná die wedstryd waarin jy die rugbyspeler geword het wat in die meeste toetswedstryde nóg gespeel het?
As jou naam Alun Wyn Jones is, nie so waffers nie. Om die waarheid te sê, die hele ervaring is vir jou ietwat van ’n antiklimaks.
Dis hoe die Wallieser sy gevoelens – nadat hy die All Black Richie McCaw as die wêreld se mees ervare toetsspeler verbygesteek het – in sy outobiografie, Belonging, wat onlangs gepubliseer is, beskryf.