Die Engelse rugbyspan se kaptein, Owen Farrell, sal onmiddellik weer by die groep se oefenbasis aanmeld nadat hy negatief vir Covid-19 getoets is.
Farrell is op die vooraand van Saterdag se toets teen Tonga op Twickenham positief vir die virussiekte getoets. Hy moes gevolglik in isolasie gaan en die wedstryd misloop. Courtney Lawes het die kapteinskap by hom oorgeneem in ’n wedstryd waarin Engeland met 69-3 die vloer met Tonga gevee het.
Dit blyk volgens die Engelse Rugbyunie (RFU) nou dat Farrell ’n vals positiewe uitslag gehad het en dus nie werklik Covid-19 onder lede het nie.